Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-10-2019 só ingevul:



Die stoet vertrek na die ........ vir die teraardebestelling.


4 % (afgerond)begraf plaas
6 % (afgerond)begraaf plaas
32 % (afgerond)begrafplaas
57 % (afgerond)begraafplaas 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "begraafplaas" in plaas van die korrekte "begraafplaas".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Almal ........ oor wie die skuldige is.


88 % (afgerond)gis 
3 % (afgerond)ges
9 % (afgerond)gus

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "gus" in plaas van die korrekte "gis".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Ons eet ........ gestoofde pruimedante vir nagereg.


6 % (afgerond)sondag
87 % (afgerond)Sondag 
2 % (afgerond)zondag
4 % (afgerond)Zondag

Dae van die week ("Sondag"), die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Die woord "party" in die volgende sinne is 'n ........ .
Party mense vind dit moeilik om met ander saam te werk.
'n Nuwe politieke party is onlangs gestig.


15 % (afgerond)homofoon
79 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon
4 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “party” (‘sommige’) en “party” (‘politieke groep’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties