Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 23 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-10-2019 só ingevul:



Die Chinese ........ berig dat alle ooreenkomste ongeldig sal wees.


5 % (afgerond)staats-nuusagentskap
4 % (afgerond)staats nuusagentskap
staats nuus agentskap
91 % (afgerond)staatsnuusagentskap 

ʼn Samestelling (“staatsnuusagentskap”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“staat”, “nuus” en “agentskap”) bestaan. Die "s" is 'n verbindingsklank Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




My suster ........ sy is al oorlede ........ was alte lief vir skerts.


76 % (afgerond)( ) 
7 % (afgerond)geen leestekens
14 % (afgerond)' '
3 % (afgerond)" "

Hakies word gebruik voor en na mededelings wat in- of aangelas word.
Sien ook die bladsy Hakies.




As jy nie veel doen om voort te bou op vorige sukses nie, sê ons in die idioom jy rus op jou ........ .



1 % (afgerond)jis
9 % (afgerond)lourere
91 % (afgerond)louere 
sofa

In die idioom "op jou louere rus" ('nie veel doen om verdere sukses te behaal nie') verwys "louere" na die gebruik in Antieke Griekeland om vir iemand ʼn lourierkrans (oftewel louerekrans) te gee as hy/sy uitsonderlik presteer het. As jy dus op jou louere rus, sit jy terug op jou lourierkrans en geniet jou sukses. (Bron: Maroela Media)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ is een van Rembrandt se bekendste werke.


16 % (afgerond)anatomieles
8 % (afgerond)Anatomie les
4 % (afgerond)anatomie les
72 % (afgerond)Anatomieles 

Indien soortname as eiename gebruik word ("Anatomieles"), begin dit met ʼn hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties