Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 25 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-10-2019 só ingevul:



’n Sinoniem vir die woord "hanswors" in die volgende sin is ........ .
Die kinders het die hanswors in die sirkus baie geniet.


88 % (afgerond)harlekyn 
6 % (afgerond)sweefstokarties
5 % (afgerond)sirkusbaas
1 % (afgerond)seremoniemeester

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "harlekyn - hanswors".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Hierdie idees kom oral in sy ........ voor.


90 % (afgerond)geskrifte 
1 % (afgerond)geskrifs
6 % (afgerond)geskrif
3 % (afgerond)geskriwwe

Sommige meervoude soos "geskrifte", "gaste", "nagte" eindig ook op "-e", maar die ekstra "t" is deel van die oorspronklike stam.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Idioom: Iemand van Pontius na ........ stuur.



11 % (afgerond)Herodes
5 % (afgerond)Totius
81 % (afgerond)Pilatus 
4 % (afgerond)Claudius

Die idioom "van Pontius na Pilatus stuur" beteken 'doelloos rond en bont stuur.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die afkorting "Hz" staan vir ........ .


6 % (afgerond)Hertzog
11 % (afgerond)die element “sirkonium”
3 % (afgerond)Hollandse zoeloe
80 % (afgerond)Hertz 

"Hz" is 'n afkorting wat as simbool gebruik word vir wetenskaplike notasies en ander genormeerde kort skryfwyses. Ander voorbeelde is "V" vir "Volt"; "g" vir gram; "EUR" vir "euro".
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties