Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 25 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-10-2019 só ingevul:



Haar jare lange ........ het nie sy belofte gehou nie en van sy vrou geskei.


minnar
90 % (afgerond)minnaar 
10 % (afgerond)minaar

’n Konsonant wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra (soos die "n" in "minnaar", word verdubbel om die klank kort te hou (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Idioom: Alles in my groentetuin groei so welig, dat ek my wil verstout deur te sê ek het ........ .


34 % (afgerond)groen vingers
51 % (afgerond)groenvingers
11 % (afgerond)'n groeihand 
4 % (afgerond)groeivingers

Iemand wat baie suksesvol is met alles wat hy plant, het 'n groeihand.
Ons Engelse vriende het "green fingers".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ons behandel mense om hul ........ te verbeter.


denk-prosesse
3 % (afgerond)denk prosesse
7 % (afgerond)denksprosesse
90 % (afgerond)denkprosesse 

ʼn Samestelling ("denkprosesse") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("denk" en "prosesse") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




'n Internasionale ........ vir perde vind die naweek op Kyalami plaas.


83 % (afgerond)wedren 
15 % (afgerond)wedloop
2 % (afgerond)wedstryd

Mense neem aan 'n "wedloop" deel; voertuie of perde neem aan 'n "wedren" deel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties