Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 25 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-10-2019 só ingevul:



Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.


13 % (afgerond)vergewingsgesind
vergewing-gesind
3 % (afgerond)vergewengesind
84 % (afgerond)vergewensgesind 

Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Gustav wil John se onderneming uitkoop.
Wat is die woordsoort van "wil" in bostaande sin?


15 % (afgerond)koppelwerkwoord van beplanning
4 % (afgerond)skakelwerkwoord van skakeling
62 % (afgerond)hulpwerkwoord van modaliteit 
19 % (afgerond)hulpwerkwoord van tyd

'n Hulpwerkwoord is 'n werkwoord wat 'n betekenis toevoeg aan een ander werkwoord en daardeur in beginsel nie selfstandig voorkom nie. In Afrikaans onderskei ons tussen hulpwerkwoorde van tyd, byvoorbeeld "het" en hulpwerkwoorde van modaliteit, byvoorbeeld "sal" en "wil".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Idioom: Iemand se ........ val.


41 % (afgerond)bal
26 % (afgerond)net 
22 % (afgerond)glas
11 % (afgerond)bril

Die idioom "iemand se net val", beteken 'gevang of verlei word deur iemand'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Hulle reis na ........ hierdie feesseisoen.


82 % (afgerond)Tsjad 
3 % (afgerond)Tsjadd
8 % (afgerond)Tshad
8 % (afgerond)Chad

Tsjad (in Engels Chad) is 'n Afrikaland wat aan Soedan grens.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties