Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 28-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-10-2019 só ingevul:



Daar is verskeie spruite wat die rivier ........ .


5 % (afgerond)vroed
86 % (afgerond)voed 
6 % (afgerond)voet
3 % (afgerond)vroet

Waar sekere klanke in ʼn woord (verkeerdelik) bygevoeg word ("vroed" in plaas van "voed", noem ons dit klanktoevoeging.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.




In die somer geniet ’n mens die ........ aandlug langs die see.


20 % (afgerond)swoel
14 % (afgerond)soele
43 % (afgerond)soel 
22 % (afgerond)swoele

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan ("soel"), kry nie ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Toe ons gaan stap het, het ons ’n ........ in die veld gesien.


14 % (afgerond)Rinkhals
13 % (afgerond)rinkals
66 % (afgerond)rinkhals 
6 % (afgerond)Rinkals

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die woord "regter" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die bokser het sy opponent met ʼn vinnige regter platgeslaan.
Die regter sal Maandag die vonnis uitspreek.


78 % (afgerond)homoniem 
5 % (afgerond)antoniem
13 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "regter" (‘regtervuishou’) en "laag" (‘amptenaar in die Hooggeregshof’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties