Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 28-10-2019 (vlak 2)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-10-2019 só ingevul:



Die huis het ingeboude kaste in al die slaapkamers.
Onder watter subkategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "kaste" in bostaande sin?


78 % (afgerond)soortname 
10 % (afgerond)versamelname
3 % (afgerond)massaname
8 % (afgerond)eiename

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "kas", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sydney is die hoofstad van die Australiese deelstaat ........ .


47 % (afgerond)Nieu-Suid-Wallis 
10 % (afgerond)Nieu Suid Wallis
39 % (afgerond)Nieu Suid-Wallis
4 % (afgerond)Nieusuidwallis

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onselfstandige woorddeel is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Nieu-Seeland", "Tsjeggo-Slowakye" en "Belo-Rusland". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Ons moes tydens ons vakansie in een van die ........ plekke vertoef.


2 % (afgerond)mees onherbergsaam
onherbergsaam
20 % (afgerond)mees onherbergsaamste
78 % (afgerond)onherbergsaamste 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “onherbergsaam”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “onherbergsamer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die onherbergsaamste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Dis ........ en seker dat hy 'n goeie kok is.


71 % (afgerond)wis 
2 % (afgerond)beter
2 % (afgerond)so
26 % (afgerond)waar

Die vaste uitdrukking 'wis en seker' beteken 'dit is sonder twyfel so'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties