Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 28-10-2019 (vlak 3)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-10-2019 só ingevul:



Die aansoek moet deur 'n ........ gesertifiseer word.


54 % (afgerond)privaat veearts 
40 % (afgerond)privaatveearts
6 % (afgerond)privateveearts

Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Idioom: Met die mantel van ........ bedek.


53 % (afgerond)liefde 
1 % (afgerond)woede
43 % (afgerond)deernis
2 % (afgerond)haat

Die uitdrukking om iets met die "mantel van liefde te bedek" beteken 'om iemand se oortreding te vergewe'.
In Engels sê 'n mens: "Cover something with the cloak of charity."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Hulle het die voeding hoofsaaklik ........ aan die pasiënt gegee.


1 % (afgerond)binne aars
85 % (afgerond)binneaars 
15 % (afgerond)binne-aars

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel (die "-s") wat 'n woordgroep ("binne aar") saambind tot 'n woord. Die woord word dan vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




Wat is die korrekte manier om die woord "bauxiet" oor twee reëls af te breek?


44 % (afgerond)bau-xiet
56 % (afgerond)baux-iet 

As "x" tussen vokaalletters staan, word daar ná die "x" afgebreek (AWS 1.16).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties