Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 01-11-2019 (vlak 2)



vorige toets 01 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-11-2019 só ingevul:



Die amptenaar is ses maande lank geskors en ........ met R20 000 beboet.



1 % (afgerond)voords
foorts
99 % (afgerond)voorts 
foords

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v", en "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die uitdrukking "komkommertyd" beteken ........ .


12 % (afgerond)tyd wanneer jy jou moet bekommer
5 % (afgerond)tyd wanneer iemand dink hy of sy is "cool".
23 % (afgerond)baie druk tyd
59 % (afgerond)stil tyd wanneer nie veel gebeur nie 

Die uitdrukking "komkommertyd" beteken 'stil tyd wanneer nie veel gebeur nie'. Die komkommer kom oorspronklik uit Asië, veral Indië, en daar is lank geglo dat daar nooit veel gebeur in Indië nie. In Europa was Augustus die komkommertyd, omdat die handel in die somervakansie afneem.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Dit is tyd dat die ........ rusie in die familie nou tot 'n einde kom.


91 % (afgerond)jarelange
1 % (afgerond)jare-lange
6 % (afgerond)jare lange 
2 % (afgerond)jaarlange

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("jare") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Nadat ons al die data versamel het, kan ons begin om dit te ontleed en gevolgtrekkings te maak.
'n Sinoniem vir die woord "data" is ........ .


rekenaars
7 % (afgerond)dokumente
91 % (afgerond)gegewens 
1 % (afgerond)geskrifte

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Sinonieme vir die woord "data" sluit in "gegewens", "feite, "besonderhede".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties