Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 01-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 01 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-11-2019 só ingevul:



Liza speel 'n ........ op die klavier vir die boemelaar in die straat.


slamp amper-liedjie
1 % (afgerond)slampamper liedjie
98 % (afgerond)slampamperliedjie 
1 % (afgerond)slampamper-liedjie

ʼn Samestelling (“slampamperliedjie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“slampamper” en “liedjie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "slampamper" word nie baie gebruik nie, maar beteken 'leegloper', 'niksnut' of 'iemand wat baie eet en drink'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Samestellings.




'n Doktor in veeartsenykunde het dikwels 'n DVSc-graad. Waarvoor staan die akroniem?


11 % (afgerond)Docter Veterinariae Scientiae
20 % (afgerond)Doctor Veterinarae Scientae
63 % (afgerond)Doctor Veterinariae Scientiae 
6 % (afgerond)Docter Veterinarae Scientae

'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.




Is ........ ook onder die profete?
('n Spreekwoord wat gebruik word om verbasing uit te druk as iemand iets besonders doen, of as jy iemand aantref waar jy hom nie verwag nie.)


68 % (afgerond)Saul 
9 % (afgerond)Jakob
13 % (afgerond)Dawid
10 % (afgerond)Eli

'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word.
Hierdie spreekwoord kom uit die Bybel (1 Samuel 10:11,12).

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die hoofstad van China staan bekend as ........ .


1 % (afgerond)Peeking
1 % (afgerond)Beidjing
91 % (afgerond)Beijing 
8 % (afgerond)Peking

Die AWS erken slegs die spelling "Beijing" wat berus op die transliterasie van Standaardmandaryns. Die spelling "Peking" spruit uit die transliterasie van dialekte van Mandaryns waarmee Europeërs eerste kennisgemaak het.
https://af.wikipedia.org/wiki/Beijing
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties