Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-01-2020 (vlak 3)



vorige toets 23 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-01-2020 só ingevul:



Ouma gebruik ........ as kors vir die melktert.


2 % (afgerond)croissanties
95 % (afgerond)croissantjies 
2 % (afgerond)croissankies
1 % (afgerond)croissantetjies

Die verkleiningsvorm van "croissant" is "croissantjie".
Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Toe die bewaarder die volgende oggend uitvind van die ontsnapping, het ........ losgebars.


1 % (afgerond)pandinomium
4 % (afgerond)pandenomium
94 % (afgerond)pandemonium 
2 % (afgerond)pandimonium

Vokaalreduksie kom voor wanneer 'n vokaal wat in 'n swak, beklemtoonde posisie is, verder verswak word tot 'n [ə]-klank. Dit lei dikwels tot spelfoute.
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.




Die ........ lei die taakspan wat die lewensvatbaarheid van alternatiewe energiebronne vir die metropool se elektrisiteitbehoeftes ondersoek.


19 % (afgerond)stads-elektrotegniese-ingenieur
39 % (afgerond)stads- elektrotegniese ingenieur 
3 % (afgerond)stads elektrotegniese ingenieur
38 % (afgerond)stads- elektrotegniese ingenieur of stads elektrotegniese ingenieur

Afstandsamestellings word verpligtend met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse vas, d.w.s. "stadsingenieur".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Voor jy jou motor kan registreer, moet jy bewys lewer dat hy ........ is.


11 % (afgerond)slegs padvaardig
32 % (afgerond)padvaardig of padwaardig
57 % (afgerond)slegs padwaardig 

Ons gebruik "padwaardig" as 'n motor as 't ware waardig genoeg om op die pad te ry. Ons gebruik "padvaardig" in die betekenis 'gereed om op reis te gaan'.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties