Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 08-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 08 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-11-2019 só ingevul:



Die baba is in 'n ........ kombersie toegedraai.


67 % (afgerond)geel-en-blou 
24 % (afgerond)geel en blou
8 % (afgerond)geelblou
geel blou

Kleuradjektiewe word los van selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van samestellende samestellings of samestellende afleidings. As 'n item uit twee kleure bestaan, word die kleuradjektiewe met koppeltekens en 'n "en" geskryf, byvoorbeeld "swart-en-wit foto" of "blou-en-rooi rok". Skakerings word wel vas geskryf, soos "blougroen water" of "grysblou lug".
Bron: AWS en Skryf Afrikaans

Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek vrees vir daardie kwajongens met hulle ........ houdings teenoor gesag.


92 % (afgerond)brutale 
7 % (afgerond)brute
brutal
1 % (afgerond)brutaal

Die woord "brutaal" beteken 'onbeskof' of 'parmantig'. Die betekenis 'barbaars' is na die Engels en dus 'n anglisisme. (Bron: Skryf Afrikaans van A tot Z)
Sien ook die bladsy Anglisismes.




Idioom: Wie hom aan 'n ander ........ , ........ hom sag.


71 % (afgerond)spieël, spieël 
21 % (afgerond)verlekker, verlekker
2 % (afgerond)opdring, opdring
6 % (afgerond)maak, maak

Die idioom "wie hom aan 'n ander spieël, spieël hom sag" beteken 'iemand wat uit die ongeluk van 'n ander voordeel trek, word goedkoop slim.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Wat noem ons iemand wat van Taiwan kom?


35 % (afgerond)Taiwannees 
1 % (afgerond)Tai
62 % (afgerond)Taiwanees
2 % (afgerond)Thai

Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees. Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans.
iemand wat van Thailand kom, is 'n Thai of Thailander.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties