Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-11-2019 (vlak 1)



vorige toets 15 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-11-2019 só ingevul:



Hoeveel ........ is hierdie battery?


vold
wold
2 % (afgerond)wolt
97 % (afgerond)volt 

Vreemde woorde ("volt") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Daar is verskillende ........ op die bord; watter een is die regte een?


1 % (afgerond)getals
4 % (afgerond)getale
94 % (afgerond)getalle 
1 % (afgerond)getallens

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Dit klink my met daardie poging wil jy ’n ........ in die donker slaan.


64 % (afgerond)hou 
kind
1 % (afgerond)tafel
35 % (afgerond)kat

Die idioom "’n hou in die donker slaan" beteken ‘iets het min kans op sukses’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Daar was gistermiddag baie toeskouers by die sokker.
Wat is die woordsoort van "toeskouers" in bostaande sin?


6 % (afgerond)adjektief
4 % (afgerond)bywoord
88 % (afgerond)naamwoord 
2 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: toeskouer - die toeskouer - toeskouers.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties