15 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-11-2019 só ingevul:
Die ........ lidmate van die kerk het 'n griefskrif teen die predikant ingedien.
beswarde beswaard beswaarde besward
In geslote lettergrepe (soos in die woord “beswaarde”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Die beste stuurlui staan ........ .
aan wal op wal agter mas aan boord
Hierdie idioom beteken 'dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie'. Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die plaas Oudrif is 'n ........ .
koring-en-skaapplaas koring en skaapplaas koring- en skaapplaas
Indien ʼn woordgroep van meer as twee woorde (“koring, en, skaap, plaas”) in die geheel een saak benoem, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die woordgroep geskryf (AWS 12.19).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Mediese fondse word deesdae verplig om sommige ........ siektes te dek.
chroniese of kroniese chroniese kroniese
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “chronies – kronies”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal– meesal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)