15 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-11-2019 só ingevul:
Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
plaaslike owerheids-verkiesing plaaslikeowerheidsverkiesing plaaslike owerheids verkiesing plaaslike-owerheids verkiesing
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
In 'n etimologiewoordeboek, waarvoor sal die afkorting "OE" staan?
Oudengels of Ou-Engels Oud-Engels of Ou-Engels Oudengels of Ou Engels Oud Engels of Ou Engels
'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Maryna het die inbreker iets in ........ voege toegesnou: "Jou lae luis! As ek jóú ooit in die hande kry, ..."
der dier duur die
Die vaste uitdrukking "in dier voege" beteken 'sodanig', 'op hierdie manier' of 'van dié aard'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Iemand wat akteurs of toneelspelers afrig vir ʼn film of toneelstuk noem ons 'n ........ .
regisseur vervaardiger direkteur regiseur
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “regisseur”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)