Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 06 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-08-2025 só ingevul:



Louis het vir hom 'n ........ vir middagete bestel.
34 % (afgerond)ham-, kaas- en tamatiebroodjie
24 % (afgerond)ham- kaas- en tamatiebroodjie
1 % (afgerond)ham/kaas/tamatiebroodjie
41 % (afgerond)ham-kaas-en-tamatiebroodjie 

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "tamatie" en "broodjie", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ons het die naweek in die wildtuin verskeie ........ gesien.
iempalas
35 % (afgerond)impala's
1 % (afgerond)iempala's
64 % (afgerond)impalas 

Die woord "impala" eindig nie op 'n beklemtoonde "a" nie en kry dus nie 'n afkappingsteken in die meervoud nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Die voorbladnooi is ........ .
77 % (afgerond)viets en fyn 
1 % (afgerond)vuuts en fyn
1 % (afgerond)viets en vyn
21 % (afgerond)fiets en fyn

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "viets en fyn"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die Eurostar-trein verbind Brittanje met Frankryk deur die ........ .
35 % (afgerond)Engelse kanaal
1 % (afgerond)Engelse kanal
60 % (afgerond)Engelse Kanaal 
4 % (afgerond)Engelse Kannaal

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties