Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 08-04-2020 (vlak 2)



vorige toets 08 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-04-2020 só ingevul:



In die ou dae is papier met die hand gemaak; vandag word dit ........ met masjiene vervaardig.


10 % (afgerond)grootskaal
2 % (afgerond)groot skaals
2 % (afgerond)groot skaal
87 % (afgerond)grootskaals 

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-s”) wat ʼn woordgroep (“groot skaal”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.




By die skool is sy ʼn bietjie teruggetrokke, maar by die huis is daar geen keer aan haar ondeunde en soms baasspelerige ........ nie.


6 % (afgerond)geäardheid
3 % (afgerond)ge-aardheid
91 % (afgerond)geaardheid 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “geaardheid”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.




kykNET het die uitsaairegte vir die ........ Kook en Geniet-kookboek bekom.



6 % (afgerond)alom bekende
4 % (afgerond)allombekende
6 % (afgerond)al om bekende
84 % (afgerond)alombekende 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe "wawyd oop".
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die ........ ná die Eerste Wêreldoorlog het talle sterftes veroorsaak.


9 % (afgerond)grootgriep
52 % (afgerond)Groot Griep 
9 % (afgerond)groot griep
30 % (afgerond)Grootgriep

Die name van belangrike historiese gebeure ("Groot Griep") word met hoofletters gespel (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties