Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-02-2020 (vlak 2)



vorige toets 25 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-02-2020 só ingevul:



Ina het vanmiddag tussen die bome ........ .


50 % (afgerond)deur geloop
49 % (afgerond)deurgeloop 
gedeurloop

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Neill het sy vak met lof ........ .


98 % (afgerond)geslaag 
2 % (afgerond)geslaagd

Voltooide deelwoorde in die werkwoordfunksie word altyd sonder "d" aan die einde geskryf, behalwe as die grondwoord reeds op "d" eindig.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die naam van die streek oos van die Mpumalanga-platorand is die ........ .



3 % (afgerond)Lae Veld
5 % (afgerond)laeveld
91 % (afgerond)Laeveld 
1 % (afgerond)lae veld

Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.




Terrestriële televisie-uitsendings gaan binnekort van ........ na digitale uitsendings oorskakel.


34 % (afgerond)analoë 
58 % (afgerond)analoog
4 % (afgerond)annaloë
3 % (afgerond)annaloog

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “analoog”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "analoog" kom uit die Grieks "ana + logos" wat 'verhouding' beteken, vandaar die vreemde spelling.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties