Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 08-04-2020 (vlak 3)



vorige toets 08 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-04-2020 só ingevul:



Weens haar diepe belangstelling in ........ , volg Suzane elke berig daaroor op.


1 % (afgerond)äërodinamika
46 % (afgerond)aërodinamika 
5 % (afgerond)äerodinamika
48 % (afgerond)aerodinamika

"Aërodinamika" is 'die leer van die beweging van gasse in die lug'.
Die deelteken in "aërodinamika" dui vir ons aan dat die twee vokale "ae" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die nuwe ........ het reeds groot suksesse behaal om vermeende renosterstropers vas te trek.


11 % (afgerond)renosterteenstropings opleidingseenheid
6 % (afgerond)renosterteenstropings-opleidings eenheid
1 % (afgerond)renosterteenstropings opleidings eenheid
82 % (afgerond)renosterteenstropingsopleidingseenheid 

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op
“-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Ander voorbeelde sluit in: “gemeenskapsforum”, “veiligheidshek” en “identiteitskrisis”.
Woorde met verbindingsklanke word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




Wat noem ons iemand wat van Taiwan kom?


2 % (afgerond)Tai
1 % (afgerond)Thai
39 % (afgerond)Taiwannees 
58 % (afgerond)Taiwanees

Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees. Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans.
iemand wat van Thailand kom, is 'n Thai of Thailander.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




Idioom: Op die ........ blaas.


60 % (afgerond)vlam
15 % (afgerond)kers
20 % (afgerond)tou 
4 % (afgerond)koek

Die idioom "op die tou blaas", beteken 'die osse aanmoedig'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties