Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 09-03-2020 (vlak 3)



vorige toets 09 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-03-2020 só ingevul:



Om haar ........ , moet jy baie slim wees.


27 % (afgerond)uit te oorlê
73 % (afgerond)te uitoorlê 

Hoewel "uitoorlê" soos 'n skeibare werkwoord lyk, is dit nie een nie. Ons kan nie sê: "Sy oorlê hom gereeld uit" nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die pa was ........ vir die foute van sy kind.



33 % (afgerond)stekeblind 
9 % (afgerond)staalblind
42 % (afgerond)stomblind
16 % (afgerond)smoorblind

Die intensiewe vorme van "blind" sluit in "stekeblind", "steekblind" en "stokblind". "Steekblind" is ʼn volksetimologiese vervorming van "stokblind". (Bron: Groot Woordeboek; Etimologiewoordeboek van Afrikaans)

Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Die ........ het belangrike poste en gewoonlik ook baie geld.



hoo lui
81 % (afgerond)hoëlui 
hoolui
18 % (afgerond)hoë lui

Byvoeglike naamwoorde (soos “hoog” of “warm”) word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos “lui” of “kos”) geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die hond blaf vir sy refleksie in die venster.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "refleksie" in bostaande sin?


1 % (afgerond)maatnaam
44 % (afgerond)soortnaam
50 %abstrakte naamwoord 
4 % (afgerond)eienaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vlaag", "godsdiens", "refleksie" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties