Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 10-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 10 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-03-2020 só ingevul:



Vanjaar se Amerikaanse presidentsverkiesing was ........ as die vorige een.


34 % (afgerond)opwindender 
1 % (afgerond)meer opwindender
65 % (afgerond)meer opwindend

Die meeste woorde in Afrikaans neem "-er" in die vergrotende trap en word nooit saam met "meer" gebruik nie.
(Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die hond ........ van die koue.


1 % (afgerond)bebber
98 % (afgerond)bibber 
1 % (afgerond)beber
1 % (afgerond)bibbir

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voegsels "-es", "-e", "-en", "-ens", "-ent" en "-er".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die ........ is die grootste van die wêreld se oseane.


85 % (afgerond)Stille Oseaan 
14 % (afgerond)Stille oseaan
stille Oseaan
1 % (afgerond)stille oseaan

Geografiese name, byvoorbeeld die name van oseane en mere, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Ons het vandag in die taalkundeklas deiktiese woorde behandel.
'n Sinoniem vir "deiktiese" is ........ .


41 % (afgerond)aanwysende 
26 % (afgerond)geykte
7 % (afgerond)nuwe
26 % (afgerond)ongebruikte

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir die woord "deiktiese" is "aanwysende".
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties