Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 16-03-2020 (vlak 3)



vorige toets 16 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-03-2020 só ingevul:



Ons het oor 'n glas wyn sit en peins oor dinge wat anders kon gewees het.
'n Sinoniem vir die woord "peins" is ........ .



7 % (afgerond)mopper
85 % (afgerond)mymer 
2 % (afgerond)kerm
6 % (afgerond)onthou

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "mymer" kom nie meer so dikwels voor nie, maar beteken 'jou in weemoedige gedagtes versink'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Die bekende akteur is by die begraafplaas ........ gelê.


3 % (afgerond)ten ruste
30 % (afgerond)slegs te ruste
55 % (afgerond)ter ruste of te ruste 
12 % (afgerond)slegs ter ruste

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “ter ruste lê”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die AWS erken ook die spelling "te ruste" naas "ter ruste".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Ses van die ........ van die 1 100kVA-panele voorsien krag in geval van 'n kragonderbreking.


41 % (afgerond)reuse Cat-noodkragstelle
9 % (afgerond)reuseCatnoodkragstelle
6 % (afgerond)reuse Cat noodkragstelle
44 % (afgerond)reuse-Cat-noodkragstelle 

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Kommersiële boere, georganiseerde landbou en ........ is almal betrokke om seker te maak dat ons 'n vennootskap werk


32 % (afgerond)privaatinstansies
3 % (afgerond)private-instansies
65 % (afgerond)privaat instansies  

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” instansie. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “mooi”, “mooier”, “die mooiste”. Adjektiewe word gewoonlik los geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties