Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 17-03-2020 (vlak 3)



vorige toets 17 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-03-2020 só ingevul:



Watter woord bevat 'n diftong?


6 % (afgerond)beur
84 % (afgerond)leeu 
4 % (afgerond)loer
6 % (afgerond)muur

Diftonge, oftewel tweeklanke, is 'n opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Diftonge.




Ons het vandag by die ........ gekuier.


62 % (afgerond)Le Roux's
Les Roux
3 % (afgerond)Les Rouxs
36 % (afgerond)Le Rouxs 

Anders as in Frans (waarvan die van "Le Roux" afkomstig is), word daar 'n "s" in Afrikaans gebruik in die meervoudsvorm, sonder 'n afkappingsteken. Daar kom ook nie 'n "s" na "Le" nie.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Ons gaan hierdie vakansie by my ouma in ........ kuier.


6 % (afgerond)Mpumhalanga
5 % (afgerond)Mpumalangha
67 % (afgerond)Mpumalanga 
23 % (afgerond)Mphumalanga

Mpumalanga is een van die nege provinsies in Suid-Afrika. Die woord Mpumalanga beteken 'plek waar die son opkom' in die Ngunitale.
Sien ook die bladsy Plekname.




Die gebruik van ’n woord wat in stryd met sy betekenis is, byvoorbeeld in gedwonge of verwarde beeldspraak of omdat die gebruik ’n soort teëspraak bevat, noem ons 'n ........ .


46 % (afgerond)kategrese
20 % (afgerond)katechrese
12 % (afgerond)kategese
22 % (afgerond)katachrese 

Woorde van Griekse herkoms met ’n [x]-klank, word tradisioneel met "ch" gespel. Sommige woorde is egter wisselvorme en kan ook met ’n "k" gespel word, byvoorbeeld "chronies - kronies" (AWS 18.6). In “handig met die voete” en “plastiese glas” het ons voorbeelde van katachrese.
[Grieks catachresis; kata teen + khraomai gebruik]
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
52% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties