Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 18-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 18 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-03-2020 só ingevul:



My swaer kla gereeld oor die ........ in die omgewing wat jag maak op sy lammers.


81 % (afgerond)rooikat 
Rooi-kat
2 % (afgerond)rooi kat
17 % (afgerond)Rooikat

By plant- en diername waar die byvoeglike naamwoord kleur aandui, word dit tradisioneel vas aan die naamwoord geskryf (AWS 14.29). Ander voorbeelde sluit in "swartmamba" en "witborskraai".
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die dokter hou die besonderhede van elke pasiënt in ʼn aparte ........ .


69 % (afgerond)lêer 
29 % (afgerond)leêr
1 % (afgerond)lêër
le-er

Ná ’n vokaal met ’n diakritiese teken aan die einde van ’n lettergreep ("ê"), kom daar nie ’n deelteken op die volgende vokaal ("e") nie.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Dié rolprent gaan vanjaar die ........ span.



8 % (afgerond)osse
86 % (afgerond)kroon 
1 % (afgerond)spiere
5 % (afgerond)draad

Die idioom "die kroon span", beteken 'ander oortref'.
Byna 1 000 jaar gelede in Middelnederlands het "crone spannen" beteken om die kroon, wat eintlik 'n lourierkrans was, om die kop te bind.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ van SARU het 'n vergadering aangevra ná die noodlottige insident.


59 % (afgerond)Voorsitter of voorsitter 
8 % (afgerond)Voorsitter
33 % (afgerond)voorsitter

'n Ampsbenaming ("voorsitter") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties