Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-03-2020 só ingevul:



Een van die basisse van die Suid-Afrikaanse Nasionale ........ Program (SANAP) is op Marioneiland geleë.



4 % (afgerond)Antiarktiese
14 % (afgerond)Antartiese
2 % (afgerond)Antiärktiese
80 % (afgerond)Antarktiese 

Sommige mense spreek nie die "k" in die woord "antarktiese" uit nie, en skryf dit dan verkeerdelik ook sonder 'n "k".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Ek dink jy moet eerder hierdie motor oorweeg; dit is 'n ........ model as daardie een.


goeder
1 % (afgerond)meer goeie
98 % (afgerond)beter 
meer goed

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”. Sommige trappe van vergelyking volg egter nie die patroon nie, byvoorbeeld “goed” (stellende trap), “beter” (vergrotende trap) en beste (oortreffende trap).
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die beeste was ........ ná die droogte.


6 % (afgerond)brand maer
3 % (afgerond)brantmaar
89 % (afgerond)brandmaer 
2 % (afgerond)brand maar

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




Ons ouers het dit van kleins af by ons ingeprent dat ons nooit in ʼn vreemdeling se motor mag klim nie.
Wat is die woordsoort van die woord "ingeprent" in bostaande sin?



4 % (afgerond)bywoord
lidwoord
93 % (afgerond)werkwoord 
3 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" of "-ge-" aangedui word, byvoorbeeld "inprent - ingeprent".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties