Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-03-2020 só ingevul:



Die ........ glo sy kan enigiets doen wat ’n man kan doen, net beter!


91 % (afgerond)feminis 
1 % (afgerond)femminnus
1 % (afgerond)feminnis
7 % (afgerond)feminus

Omdat die klem van die woord "feminis" op die laaste lettergreep val, word geen van die konsonante verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Dit is darem nou nie elke ........ wat 100% vir skeikunde kry nie!


95 % (afgerond)Jan Rap en sy maat 
Jan Laventel
1 % (afgerond)Jan Kalbas
4 % (afgerond)Jan Salie

"Jan Rap en sy maat" beteken "almal".
'n "Jan Salie" is 'n papbroek.
'n "Jan Kalbas" is 'n sukkelaar.
'n "Jan Laventel" is 'n opgetooide, spoggerige, aantreklike kêrel.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Sy ........ met ʼn sierlike sprong in die swembad ........ .


57 % (afgerond)duik; in 
42 % (afgerond)duik; geen woord
induik; in
induik; geen woord

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Sy duik in die swembad in.” en “Sy gaan in die swembad induik.”
Sien ook die bladsy Samestellings.




Paddas en salamanders is ........ , wat in die water en op die land lewe.



57 % (afgerond)amfibieë 
40 % (afgerond)amfibië
1 % (afgerond)amfiebië
1 % (afgerond)amfiebieë

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "amfibie" kom van die Griekse "amfi" + "bios" wat 'lewe' beteken.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties