Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 24-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-03-2020 só ingevul:



Die geknakte riet hang in die water.
Wat is die woordsoort van "riet" in bostaande sin?


1 % (afgerond)werkwoord
5 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
bywoord
94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “riet - die riet – riete”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Hierdie produk bevat verskeie ........ bestanddele.


21 % (afgerond)nieaktiewe 
1 % (afgerond)nieaktief
77 % (afgerond)nie-aktiewe
2 % (afgerond)nieäktiewe

Die morfeme "eks-", "nie-", "non-" en "oud-" kry nie koppeltekens nie en word vas aan die woord geskryf tensy daar leesbaarheidsprobleme is, byvoorbeeld "eksvrou", "nieamptelik", "nonakkoordtoon" (AWS 12.27).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Daar was gereeld ........ op my oupa se plaas toe ons daar gekuier het.


3 % (afgerond)Jakkalse
11 % (afgerond)jakkalse of Jakkalse
86 % (afgerond)jakkalse 

Die gewone benamings van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




Idioom: Vee eers voor jou eie ........ .


1 % (afgerond)trappe
80 % (afgerond)deur 
13 % (afgerond)stoep
6 % (afgerond)voete

Hierdie idioom beteken 'dink aan jou eie gebreke'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties