Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 25-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-03-2020 só ingevul:



Hoe vertaal ons "safety belt" in Afrikaans?


1 % (afgerond)veiligheidsbelt
veiligheidsbeld
97 % (afgerond)veiligheidsgordel 
2 % (afgerond)veiligheidsband

"Safety" is 'veiligheid' en "belt" is 'gordel'; dus skryf ons "veiligheidsgordel".
"Belt" en "beld" is aanvaarde Afrikaanse woorde, maar word nie in hierdie konteks gebruik nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dr. Winick ........ kan u asseblief dadelik na kamer 205 gaan?


85 % (afgerond), 
1 % (afgerond):
6 % (afgerond);
8 % (afgerond)geen leesteken

Ons gebruik 'n komma by 'n aanspreking.
Sien ook die bladsy Komma.




Die onderwyser se aanbieding van die werk ........ by die leerders.



16 % (afgerond)kry byval
80 % (afgerond)vind inslag 
3 % (afgerond)kry ingang

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “inslag vind”; “byval vind”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die ........ is na Madiba vernoem.


4 % (afgerond)Nelson-Mandela-rylaan
8 % (afgerond)Nelson-Mandelarylaan
70 % (afgerond)Nelson Mandelarylaan 
18 % (afgerond)Nelson Mandela rylaan

Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Geografiese name, byvoorbeeld die name van strate, begin met 'n hoofletter. Straatname met 'n eienaamgedeelte ("Nelson Mandela") word vas ("Nelson Mandelarylaan"), los ("Nelson Mandela Rylaan") of met 'n koppelteken vas ("Nelson Mandela-Rylaan" of "Nelson Mandela-rylaan") geskryf (AWS 14.6, opm. c). (AWS 14.6, opm. c).
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties