07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2024 só ingevul:
Die bestaan wat hulle op die plot voer, is maar baie ........ .
versukkeld
virsukkeld
versukkild
virsukkild
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, hier in die voorvoegsel "ver-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sy oë rol in hul ........ soos hy skrik.
kassens kasse
kaste
kastens
Die meervoud van die woord "kas" in die betekenis van 'holte', byvoorbeeld "oogkas", en 'betaaltoonbank' is "kasse"; die meervoud in die betekenis van 'klerekas' is egter "kaste". (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die dokter het ........ by die baba gediagnoseer.
downsindroom of Downsindroom
slegs downsindroom
slegs Downsindroom
slegs Down-sindroom
"Down" is 'n persoonseienaam, maar kan in die samestelling met 'n hoof- of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.
As jy skielik ʼn helder streep in die naglug sien, is dit moontlik ʼn ........ wat na die aarde toe val.
meteoor
meteoriede
meteoriet
meteoroïed
Die woord "meteoor" verwys na 'n klein hemelliggaam oftewel "meteoroïed" wat reeds die aarde se atmosfeer binnegedring het. 'n Ander benaming vir 'n "meteoor" is "'n vallende of verskietende ster". Die woord "meteoriet" verwys na 'n rotsagtige voorwerp wat uit die oorblyfsels van 'n meteoroïed bestaan wat na die aarde geval het. (Bron: Skryf Afrikaans A to Z - Dalene Müller en Sebastian Pistor)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)