Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 20-04-2020 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 20 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-04-2020 só ingevul:



Hy het sy setel aan die opposisie afgestaan.
Wat is die woordsoort van "setel" in die bostaande sin?


94 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
3 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)voorsetsel
1 % (afgerond)telwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: "setel - die setel - setels".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




ʼn Harde hou op die ........ kan ʼn boksgeveg gou beëindig.



1 % (afgerond)kensbak
96 % (afgerond)kennebak 
3 % (afgerond)kenbak
ken bak

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld “kennebak”, “ambagsman”, “denneboom”, “nooiensvan” en “kinderkamer”.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




In die woestyngebiede van Noord-Afrika en Asië is daar baie ........ .


65 % (afgerond)nomades 
2 % (afgerond)nomadens
31 % (afgerond)nomade
2 % (afgerond)nomaads

Naamwoorde wat op “-e” eindig, kry ʼn “-s” in die meervoudsvorm. Die enkelvoudsvorm is "nomade" van daar die meervoudsvorm "nomades". In Engels is die enkelvoud wel "nomad".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Iemand wat baie suinig is, is ........ .


8 % (afgerond)suursuinig
2 % (afgerond)supersuinig
90 % (afgerond)vreksuinig 

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties