Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 21-04-2020 (vlak 1)



vorige toets 21 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-04-2020 só ingevul:



Ons moet 'n naam ........ uitdink.


25 % (afgerond)vir dit
75 % (afgerond)hiervoor 

Om 'n voorsetsel (in hierdie geval "vir") gevolg deur die woord "dit" te gebruik, is 'n foutiewe konstruksie in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Anglisismes.




Wanneer laas het jou ........ kom kuier?


1 % (afgerond)ou-pa
1 % (afgerond)ou pa
98 % (afgerond)oupa 

Byvoeglike naamwoorde (soos "oud" of "jonk") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pa" of "ma") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die ........ in Suid-Afrika is uitheemse bome.


70 % (afgerond)akkerbome 
1 % (afgerond)akker bome
1 % (afgerond)Akker bome
28 % (afgerond)Akkerbome

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




Sodra ek begin dink daar is net een manier om iets te doen, onthou ek alle paaie lei na ........ .


87 % (afgerond)Rome 
5 % (afgerond)Egipte
3 % (afgerond)Amerika
6 % (afgerond)Gansbaai

"Alle paaie lei na Rome" is 'n gesegde in Afrikaans wat beteken dat daar verskillende maniere is waarop jy jou einddoel kan bereik.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties