Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 23-04-2020 (vlak 3)



vorige toets 23 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-04-2020 só ingevul:



Ouma gebruik ........ as kors vir die melktert.


4 % (afgerond)croissankies
croissanties
2 % (afgerond)croissantetjies
93 % (afgerond)croissantjies 

Die verkleiningsvorm van "croissant" is "croissantjie".
Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Dit is die ........ aanmerking wat ek al in my lewe gehoor het.


6 % (afgerond)kruüste
20 % (afgerond)kruste
66 % (afgerond)kruuste 
9 % (afgerond)kru-ste

In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op 'n "u" eindig, word die "u" van die stam verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.


31 % (afgerond)ses weke oue 
35 % (afgerond)ses-weke-oue
11 % (afgerond)ses-week oue
23 % (afgerond)sesweek oue

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.




Kandidate met 'n ........ in Afrikaans kan vir die pos aansoek doen.


99 % (afgerond)doktorsgraad 
doktirsgraad
1 % (afgerond)doktersgraad

Iemand wat die hoogste kwalifikasie, oftewel "doktorsgraad", op 'n bepaalde gebied bereik het, is 'n "doktor"; 'n sinoniem vir 'n geneesheer is 'n "dokter".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties