Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 27-04-2020 (vlak 2)



vorige toets 27 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-04-2020 só ingevul:



Die egpaar is steriel en kan nie kinders kry nie.
Wat is die woordsoort van "steriel" in bostaande sin?


9 % (afgerond)werkwoord
15 % (afgerond)bywoord
47 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
29 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “steriele” egpaar. Adjektiewe het meestal ook trappe van vergelyking, hoewel die woord "steriel" nie trappe van vergelyking het nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Waarheen is Katryn-hulle? Hulle is ........ .


7 % (afgerond)soon toe
1 % (afgerond)soën toe
2 % (afgerond)soon-toe
90 % (afgerond)soontoe 

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Wat is die vergrotende trap van "ambisieus"?
(Iemand wat ambisieus is, is ywerig en ondernemend.)


62 % (afgerond)ambisieuser 
9 % (afgerond)ambisieuste
12 % (afgerond)ambisieusser
17 % (afgerond)ambisieusste

Die vergrotende trap is "ambisieus+er", terwyl die oortreffende trap "ambisieus+ste" is.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die span kon nie ........ hul teenstanders kers vashou nie.


2 % (afgerond)aan
17 % (afgerond)met
20 % (afgerond)teen
60 % (afgerond)by 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens hou "by" iemand kers vas; hou "aan" 'n beginsel vas en hou "vir" iemand duim vas.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties