30 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-07-2025 só ingevul:
Die ........ is dringend ontbied nadat die president onverwags in die hospitaal opgeneem is vir waarneming.
hoof mediese beampte hoof- mediese beampte of hoof mediese beampte hoof- mediese beampte hoof-mediese-beampte
Afstandsamestellings word met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse egter vas, d.w.s. "hoofbeampte".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die polisie dra ........ baadjies as hulle in gevaarlike gebiede beweeg.
koeëlvaste koeëlvas koelvas koelvaste
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
As ʼn dier skielik die ........ kwytraak, het hy dalk hondsdolheid.
klets klits kluts
Die uitdrukking "die kluts kwytraak", beteken 'deurmekaar wees'. Die Nederlandse woord "klutsen" beteken 'om dinge saam te klop'. Die uitdrukking kom moontlik uit die handpapiermakery toe werkers die slag kwyt raak om die papiervloeistof egalig oor die vorm te versprei. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Iemand wat in Amsterdam woon, is 'n ........ .
Amersterdam Amsterdamiet Amsterdammenaar Amsterdammer
Iemand wat van Amsterdam kom, is 'n Amsterdammer en het Amsterdamse gewoontes.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)