06 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-08-2025 só ingevul:
Louis het vir hom 'n ........ vir middagete bestel.
ham-, kaas- en tamatiebroodjie ham- kaas- en tamatiebroodjie ham/kaas/tamatiebroodjie ham-kaas-en-tamatiebroodjie
In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "tamatie" en "broodjie", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ons het die naweek in die wildtuin verskeie ........ gesien.
iempalas impala's iempala's impalas
Die woord "impala" eindig nie op 'n beklemtoonde "a" nie en kry dus nie 'n afkappingsteken in die meervoud nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Die voorbladnooi is ........ .
viets en fyn vuuts en fyn viets en vyn fiets en fyn
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "viets en fyn"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die Eurostar-trein verbind Brittanje met Frankryk deur die ........ .
Engelse kanaal Engelse kanal Engelse Kanaal Engelse Kannaal
Plekname, d.w.s. geografiese name, name van kontinente, lande, dorpe, stede, damme, berge ens. word met hoofletters gespel.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)