Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 01-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 01 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-05-2020 só ingevul:



Jy ........ net jouself met jou koppigheid.



4 % (afgerond)benaadeel
benadeul
96 % (afgerond)benadeel 
benaadeul

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.




Soos henne kekkel, so ........ ganse?


31 % (afgerond)snuiter
7 % (afgerond)kloek
3 % (afgerond)koel-koel
59 % (afgerond)gaggel 

Kalkoene koel-koel, hoenders kloek en ganse blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




'n ........ het ook vier suiers wat op en af in die silinders beweeg.



14 % (afgerond)Vier-silinder-enjin
5 % (afgerond)Vier silinder enjin
8 % (afgerond)Vier silinder-enjin
74 % (afgerond)Viersilinderenjin  

ʼn Samestelling (“viersilinderenjin”) is ʼn woord wat uit meer woorddele (“vier”, “silinder” en “enjin”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Om sommer dadelik in die swembad te spring om die kind te help, was baie dapper van Janine.
'n Sinoniem vir "dapper" is ........ .


95 % (afgerond)braaf 
4 % (afgerond)stoer
betroubaar
kommerwekkend

Vir "braaf" erken Skryf Afrikaans: A-Z, VAW en WAT slegs die betekenis van 'deugsaam', terwyl HAT, Groot Tesourus van Afrikaans en Groot Woordeboek "braaf" en "dapper" as sinonieme aandui.
Dit is onnodig puristies om te sê dat "braaf" en "dapper" nie sinonieme is nie, aangesien ons "braaf" en die Engelse "brave" beide uit Frans kom.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties