Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 06-05-2020 (vlak 3)



vorige toets 06 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-05-2020 só ingevul:



Ek moet sê, ek dink jou nuwe ........ is baie sexy!


3 % (afgerond)tatoemerk
3 % (afgerond)tatoeëer merk
34 % (afgerond)tatoëermerk
60 % (afgerond)tatoeëermerk 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Menige ........ is ingedien.


38 % (afgerond)laataansoeke
29 % (afgerond)laat aansoek 
6 % (afgerond)laat-aansoeke
28 % (afgerond)laataansoek

Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar).
Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September gevier word?


2 % (afgerond)erfenisdag
94 % (afgerond)Erfenisdag 
braaidag
3 % (afgerond)Braaidag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




Die idioom "vyselstampers en kriewelkrappers hê", beteken ........ .


6 % (afgerond)baie kwaad wees
1 % (afgerond)om grappig te wees
78 % (afgerond)om gefrustreerd te wees
15 % (afgerond)in groot angs verkeer 

Die idioom "iemand het vyselstampers en kriewelkrappers" beteken 'om in groot angs te verkeer, baie woelig of onrustig te wees'.
In Engels is dit: "Someone is on pins and needles".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties