Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 07-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 07 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-05-2020 só ingevul:



Koos verjaar op ........ .


4 % (afgerond)skrikkel dag
6 % (afgerond)skrikeldag
89 % (afgerond)skrikkeldag 
1 % (afgerond)skrikkel-dag

ʼn Samestelling ("skrikkeldag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("skrikkel" en "dag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Sy kan ná die ongeluk al haar ledemate beweeg ........ daar is dus geen gevaar dat sy verlam sal wees nie.


3 % (afgerond).
49 % (afgerond),
48 % (afgerond); 

Kommapunte word gebruik wanneer die voegwoorde "want", "en" en "maar" weggelaat word.
Sien ook die bladsy Kommapunt.




Jou aansoek is ........ na die maal; die aansoeke het reeds gesluit.


8 % (afgerond)sout en peper
6 % (afgerond)sop
78 % (afgerond)mosterd 
9 % (afgerond)voorgereg

Die idioom "iets is mosterd na die maal" beteken 'iets is te laat'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ sê ons moet waak teen ons sondige natuur.


7 % (afgerond)Dominie
65 % (afgerond)dominee 
7 % (afgerond)dominie
21 % (afgerond)Dominee

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "dominee", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties