Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 11-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 11 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-05-2020 só ingevul:



Die ballon styg in die lug op.
Wat is die woordsoort van "op" in bostaande sin?


10 % (afgerond)voornaamwoord
20 % (afgerond)voegwoord
41 % (afgerond)voorsetsel
30 % (afgerond)partikel 

Partikels of deeltjies is kort woorde, wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie. Daar is verskeie soorte partikels. In hierdie geval het ons met 'n werkwoordpartikel te doen. Een manier om dit vas te stel is om te kyk of dit deel is van die werkwoord. Die werkwoord in dié geval is inderdaad "opstyg". Dit is wel 'n skeibare werkwoord. Ons weet dit omdat werkwoorde net skeibaar in die teenwoordige tyd is. In die verlede tyd sou ons sê: "Die ballon het in die lug opgestyg." Dit dui dus daarop dat "op" deel is van die werkwoord en nie 'n voorsetsel is wat gewoonlik gevolg word deur 'n lidwoord en 'n naamwoord nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sodra my rekenaar ........ is, kan ons die rekeningbesonderhede nagaan.



2 % (afgerond)aan-lyn
aanlein
5 % (afgerond)aan lyn
93 % (afgerond)aanlyn 

Wanneer 'n woordgroep bestaande uit 'n byvoeglike naamwoord en 'n selfstandige naamwoord in die geheel soos 'n byvoeglike naamwoord of bywoord optree, word dit vas geskryf. Byvoorbeeld "dikbek tiener", "kaalvoet seuns" en "aanlyn registrasie".
(AWS 15.31b)
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Fiona se stem klink ........ wanneer sy nie te naby aan die mikrofoon praat nie.


92 % (afgerond)duideliker 
6 % (afgerond)meer duidelik
duidelikst
1 % (afgerond)duidliker

Wanneer "duidelik" in die vergrotende trap gebruik word, kry dit slegs 'n "-er" agteraan. Ander voorbeelde sluit in: "oulik" word "ouliker" en "blond" word "blonder".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Tannie Gerda se henne hou aan ........ .


4 % (afgerond)kloek
27 % (afgerond)kekkel
66 % (afgerond)kloek of kekkel 
2 % (afgerond)kraai

Henne kloek of kekkel en hane kraai.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties