Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-05-2020 (vlak 1)



vorige toets 13 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2020 só ingevul:



Die Doppers is bekend as besonder ........ mense.


57 % (afgerond)vroom 
4 % (afgerond)froom
4 % (afgerond)frome
35 % (afgerond)vrome

Sommige byvoeglike naamwoorde wat net uit een lettergreep bestaan, kry nie ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan nie. In sommige gevalle kry "vroom" wel ’n attributiewe "-e", maar dan in ’n meer figuurlike betekenis, byvoorbeeld "vrome wense" of "’n vrome siel".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die blomme gaan ........ in hierdie warm son.


93 % (afgerond)verwelk 
6 % (afgerond)vervelk
fervelk
1 % (afgerond)ferwelk

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Dikeledi is my ........ .


1 % (afgerond)peut kind
92 % (afgerond)peetkind 
4 % (afgerond)peutkind
3 % (afgerond)peet kind

ʼn Samestelling ("peetkind") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("peet" en "kind") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dankie vir al julle ........ .


5 % (afgerond)help
95 % (afgerond)hulp 
hilp

Die woord "help" is ’n werkwoord; die woord "hulp" is ’n selfstandige naamwoord wat afgelei is van die werkwoord, byvoorbeeld: ’n Helper help deur sy hulp aan te bied.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties