Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 13 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-05-2020 só ingevul:



New York is 'n stad wat nooit slaap nie; oral waar jy gaan, ongeag die tyd van die nag, sien jy flitsende ........ .


91 % (afgerond)neonligte 
neonligge
neon ligge
9 % (afgerond)neon ligte

ʼn Samestelling (“neonlig”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“neon” en “lig”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hulle sê 'n profeet word nooit in sy eie land ........ nie; dis hoekom soveel Suid-Afrikaners oorsee so goed vaar, maar taamlik onbekend is in hul geboorteland.


14 % (afgerond)ge-eer
2 % (afgerond)geêer
1 % (afgerond)ge-ëer
82 % (afgerond)geëer 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Green Peace was tereg ontstoke nadat die vissers weereens dolfyne ........ gemaak het.



49 % (afgerond)vankant
43 % (afgerond)van kant 
8 % (afgerond)vakant

Die uitdrukking "iets van kant maak" beteken om 'iets dood te maak' of 'uit die weg te ruim'. Die woorde "van kant" word los geskryf.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Tydens ........ woon mans gebede by, terwyl die vroue pragtig versierde tafels met allerhande lekkernye dek.



83 % (afgerond)Eid 
5 % (afgerond)eid
11 % (afgerond)Ied
1 % (afgerond)ied

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die fees van "Eid' oel Fiter" volg op Ramadaan en word gekenmerk deur gebede, feesvieringe en uitdeel van aalmoese aan armes.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties