Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-05-2020 (vlak 2)



vorige toets 14 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-05-2020 só ingevul:



Die lawaaierige studente is by die woonstel ........ nadat verskeie klagtes ontvang is.


4 % (afgerond)uitgebondel
3 % (afgerond)uitgebind
93 % (afgerond)uitgeboender 

Die woord "uitboender" beteken "hardhandig uitsmyt of wegjaag"; die werkwoord "bondel" beteken "onordelik saamdrom".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die ........ meisie kan nie oor die dood van haar verloofde kom nie.


2 % (afgerond)gekwynende
1 % (afgerond)kwynde
89 % (afgerond)kwynende 
8 % (afgerond)gekwynde

Teenwoordige deelwoorde is byvoeglike naamwoorde wat aandui dat die aksie nog besig is om plaas te vind. Ons voeg dan "-ende" of "–end" aan die einde van die werkwoord by.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.


20 % (afgerond)Taiwannese 
23 % (afgerond)Thaise
6 % (afgerond)Taise
50 % (afgerond)Taiwanese

Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees.
As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.




Moenie so met jou vinger na die mense ........ nie; dis slegte maniere.


uitlig
4 % (afgerond)punt
95 % (afgerond)wys 
1 % (afgerond)steek

'n Mens moet versigtig wees om Engelse uitdrukkings direk in Afrikaans te vertaal. Die Afrikaans vir die Engelse "point finger" is "vinger wys".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties