Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 14-05-2020 (vlak 3)



vorige toets 14 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-05-2020 só ingevul:



Die vroulik van "swaer" is ........ .


swaerin
nig
100 % (afgerond)skoonsuster 
stiefsuster

Die woord "skoonsuster" staan teenoor "swaer", soos wat "nig" teenoor "neef" staan.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




"Dankie, jou hulp was baie ........ ."


8 % (afgerond)oppurtuun
oppirtien
10 % (afgerond)oppertien
82 % (afgerond)opportuun 

"Opportuun" (b.nw. en bw.) beteken 'op 'n geleë tyd' of 'van pas'.
Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.

Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.


tweede handse boek winkels
tweede handse boekwinkels
82 % (afgerond)tweedehandseboekwinkels 
18 % (afgerond)tweedehandse boekwinkels

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




........ my dat ek vandag melk moet koop.


Ondhou
3 % (afgerond)Herhinner
6 % (afgerond)Onthou
90 % (afgerond)Herinner 

In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties