Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 15-05-2020 (vlak 3)



vorige toets 15 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 15-05-2020 só ingevul:



Toe Mina aan die Kaap kom, was sy ........ , maar kon haar in Londen verstaanbaar maak. Die tweetalige woordeboek is ........ .


40 % (afgerond)half Engels, half-Engels 
10 % (afgerond)Halfengels, half Engels
29 % (afgerond)half-Engels, half Engels
21 % (afgerond)half-Engels, half-Engels

Taalname as byvoeglike naamwoorde met 'n voorvoegsel, kry 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die taalnaam. Die taalnaam begin met 'n hoofletter, byvoorbeeld "anti-Engels", "half-Duits" (AWS 9.12). 'n Taalnaam wat met 'n bywoord voorafgegaan word, word egter los geskryf, byvoorbeeld: Fimke is "half Afrikaans", maar haar Nederlands is beter.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Aandag, asseblief! My motor is pas uit die parkeerterrein gesteel; dit is ʼn wit ........ .



3 % (afgerond)Mazda-boggelrug
7 % (afgerond)Mazda-hatchback
1 % (afgerond)Mazda hunchback
89 % (afgerond)Mazda-luikrug 

Die Afrikaans vir die Engelse woord "hatch back" is "luikrug".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




'n Harem is 'n versamelnaam vir 'n ........ van 'n sultan.


1 % (afgerond)reeks geboue
groep diere
97 % (afgerond)groep vroue 
2 % (afgerond)stel kamers

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Iemand wat 'n deskundige is op Nederlandse sake noem jy 'n ........ .


26 % (afgerond)Neerlandikus of neerlandikus
11 % (afgerond)slegs neerlandikus
19 % (afgerond)slegs Neerlandikus 
43 % (afgerond)Nederlandikus of nederlandikus

Woorde wat van geografiese name afgelei is, behou die skryfwyse in die afgeleide vorm. In die geval, hoofletters. AWS 9.19
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties