08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-05-2024 só ingevul:
Ek stem ........ saam.
heelhardig
heel hardig heelhartig
heel hartig
Die woord "heelhartig" is 'n samestellende afleiding en beteken 'volkome'. Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-ig”) wat ʼn woordgroep (“heel en hart”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Jan-Adriaan sê: "Mamma, dit is ek wat gesê het: ........ ."
Ek sal nie 'Ek sal nie'
(Ek sal nie)
"Ek sal nie"
In Afrikaans gebruik ons enkelaanhalingstekens wanneer daar 'n aanhaling binne 'n ander aanhaling is.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Lydia het haar ........ geskrik vir die uil se roep.
doodlam
kliplam
swoeglam boeglam
Die intensiewe vorm van "lam" is "boeglam".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die woord "askeet" word gebruik om te verwys na ........ .
ʼn lid van ʼn geheime Roomse organisasie
iemand wat vol skete is
ʼn lid van ʼn uitgestorwe beskawing iemand wat hom/haar weerhou van enige liggaamlike genietinge
Askese is die beoefening van onthouding van enige sinlike genot en kom byna in alle godsdienste voor. Iemand wat rein en vroom lewe, voer dus ʼn asketiese bestaan. (Bron: WAT)
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)