Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 12-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 12 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-04-2024 só ingevul:



Die Departement van Landbou is besig om 'n nuwe ........ in werking te stel.


53 % (afgerond)wyn-van-oorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel 
37 % (afgerond)wynvanoorsprongstelsel of wyn-van-oorsprong-stelsel
3 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong stelsel
7 % (afgerond)slegs wyn van oorsprong-stelsel

Indien ʼn woordgroep van drie of meer woorde (“wyn van oorsprong”) wat op sigself nie gekoppel word nie, in ʼn samestelling optree saam met ʼn bykomende woord of woorde (“stelsel”), word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder ʼn koppelteken vas aan die res geskryf (AWS 12.21).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Wat is die korrekte manier om die woord "bauxiet" oor twee reëls af te breek?


45 % (afgerond)baux-iet 
55 % (afgerond)bau-xiet

As "x" tussen vokaalletters staan, word daar ná die "x" afgebreek (AWS 1.16).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.




Ag wat, hierdie verslag sal ook maar weer ........ die doofpot gestop word.



17 % (afgerond)onder
2 % (afgerond)agter
2 % (afgerond)onderaan
79 % (afgerond)in 

Die idioom "iets in die doofpot stop" beteken 'daar sal nie weer aandag aan gegee word nie'. ʼn Doofpot is ʼn outydse houer waarin kole uitgedoof is. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




ʼn Inwoner van Moskou is 'n ........ .



7 % (afgerond)Moskouër
79 % (afgerond)Moskowiet 
5 % (afgerond)Moskower
9 % (afgerond)Moskouliet

Iemand wat van Moskou (die hoofstad van Rusland) kom, word ʼn "Moskowiet" of "Moskouer" (sonder ʼn deelteken-e) genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties