19 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-04-2024 só ingevul:
Die kinders het hulle ........ gedra.
skavlik
skaavlik
skaaflik skaflik
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die oorlewende het ........ die venster ontsnap en haar na veiligheid gehaas.
op deur
uit
in
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens ontsnap "aan" iets; lug ontsnap "uit" 'n houer maar iemand ontsnap "deur" 'n venster.
Dit is tyd dat die ........ rusie in die familie nou tot 'n einde kom.
jaarlange
jarelange
jare-lange jare lange
Woorde wat tydsduur of mate aandui ("jare") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("lange") word los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die merrie het laasnag 'n vul gehad. Susan vul die beker met koue water. Wat is die woordsoort van die woord "vul" in bostaande sinne?
poliseem
sinoniem
antoniem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “vul” (‘'n jong perd’) en “vul” (‘vol maak, vol stop').
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)