12 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-08-2025 só ingevul:
Ek stel voor dat ons die hele dag op die strand deurbring en ons in die branders ........ .
vermui vermei vermy
Die wederkerende werkwoord "vermei" beteken 'om te ontspan, jou te verlustig, jou te vermaak of genoeë te vind in iets'. Sy meer bekende homofoon, "vermy", beteken egter 'om iets of iemand te ontwyk'.
Sirië en Turkye is onlangs deur verwoestende ........ getref.
slegs aardbewinge slegs aardbewings aardbewings of aarbewingen aardbewinge of aardbewings
Die meervoud van "aardbewing" is "aardbewings" of "aardbewinge". Die meeste woorde wat op "-ing" eindig, kan "-s" of "-e" in die meervoud neem.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Volgens die Islam word die profeet ........ gesien as die laaste profeet en boodskapper wat die openbaring van God ontvang het.
Mohammed of Moegammad of Muchammad slegs Muchammad of Mohammed slegs Mohammed Moegammad of Muchammad
Die spellings "Mohammed", "Moegammad" of Muchammad" word almal erken. Die woord "Mohammed" is afkomstig uit die Arabies.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Iemand wat hom/haar deur iemand anders vir allerhande soorte (vuil) werk laat gebruik, noem ons 'n ........ .
kalvaktor kalfakter kabouter kalwakter
Die woord "kalfakter" is nie so bekend nie, maar beteken 'iemand wat iemand anders se vuil werk doen' of 'n 'niks beduidende persoon'. Die woord kom oorspronklik uit Latyn "calefactor" wat 'vuurstoker' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)