Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-08-2025 só ingevul:



Die meervoud van die gewone naam van die plant "Melianthus comosus" is ........ .
8 % (afgerond)kruidjies roer my nie
15 % (afgerond)kruidjieroermynies
62 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nies 
15 % (afgerond)kruidjie-roer-my-nieë

'n Woordgroep bestaande uit meer as twee woorde wat in die geheel betekenisverdigting ondergaan het en na een saak verwys, word met koppeltekens vas geskryf. AWS 12.19
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hy het 'n ........ vir die Nederlandse letterkunde.
5 % (afgerond)geneëendheid
36 % (afgerond)geneentheid 
59 % (afgerond)geneëntheid

Ter wille van tradisie, of omdat daar geen uitspraakprobleme bestaan nie, word die deelteken nie in hierdie geval gebruik nie, selfs al behoort die betrokke aangrensende vokaalletters tot verskillende lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Baie mense glo vas aan die ........ om gewig te verloor.
9 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet-dieet
25 % (afgerond)lae-koolhidraat- hoë-vet-dieet
61 % (afgerond)laekoolhidraat-hoëvetdieet  
5 % (afgerond)lae koolhidraat, hoë vet dieet

By samestellende samestellings, byvoorbeeld "laekoolhidraatdieet", kom daar nie 'n koppelteken tussen die byvoeglike naamwoord en die selfstandige naamwoord nie (AWS 12.6). As 'n mens die woorde "en", "of", "per", "tot", "tussen" of "van" kon gebruik, word die deel waar die woord sou inkom met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 12.7).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek sal die kwessie dadelik ........ sodat dit opgelos kan word.
37 % (afgerond)aanroer 
63 % (afgerond)aanspreek

"Aanspreek" is 'n anglisisme vir "address" en "aanroer" of "hanteer" is die korrekte woorde binne hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties