0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-11-2025 (vlak 2)



vorige toets 06 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-11-2025 só ingevul:



My buurvrou praat net ........ wanneer sy kwaad is.
16 % (afgerond)Zoeloe
4 % (afgerond)Zulu
74 % (afgerond)Zulu of Zoeloe 
6 % (afgerond)zulu of zoeloe

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “Zoeloe – Zulu”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”.
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Daar loop 'n ........ lava teen die berg af.
1 % (afgerond)stroomtjie
stroomdjie
stroomkie
99 % (afgerond)stroompie 

Woorde wat op “m” eindig, voorafgegaan deur ’n diftong, of ’n lang “a”, “e”, “o” of “u”, kry “-pie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.10).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Iemand met drie of meer huweliksmaats is 'n ........ .
93 % (afgerond)poligamis 
Poligameet
5 % (afgerond)Poligamis
1 % (afgerond)poligameet

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kunstenaar”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Doreen sal stellig vanaand kom kuier.
Wat is die woordsoort van "stellig" in bostaande sin?

4 % (afgerond)voornaamwoord
9 % (afgerond)voegwoord
21 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
67 % (afgerond)bywoord 

Bywoorde modifiseer die adjektief of die werkwoord in 'n sin. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord. Byvoorbeeld, hoe sal Doreen vanaand kom kuier? Die antwoord "stellig". Die woord "stellig" beteken 'na alle waarskynlikheid'.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties